Pakistanse nasionale krieketspan

Pakistan
Kenteken van die Pakistanse Krieketraad
BynaamShaheens (“valke”), Green Shirts, Men in Green, Cornered Tigers
KonferensiePakistanse Krieketraad (PCB)
Personeel
ToetskapteinShan Masood
EDI-kapteinBabar Azam
T20I-kapteinBabar Azam
AfrigterVlag van Australië Jason Gillespie (toets), Vlag van Suid-Afrika Gary Kirsten (EDI en T20I)
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1952
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVolle lid (1952)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[6] Beste rang tot dusver
Toetsrang6de1ste (1 Augustus 1988)[1]
EDI4de1ste (1 Desember 1990)[2][3][4]
T20I7de1ste (1 November 2017)[5]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Indië Indië op Feroz Shah Kotla Ground, Delhi; 16–18 Oktober 1952
Laaste toetst Vlag van Australië Australië op Sydney-krieketveld, Sydney; 3–6 Januarie 2024
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[7]456148/142 (32,45%)
(0 gelykop, 166 onbeslis)
Vanjaar[8]10/1
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
3/3 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslag6de plek (in 2019–2021)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Lancasterpark, Christchurch; 11 Februarie 1973
Laaste EDIt Vlag van Engeland Engeland op Eden Gardens, Kolkata; 11 November 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[9]970512/428 (52,78%)
(9 gelykop, 21 onbeslis)
Vanjaar[10]00/0
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings13/13 (eerste in 1975)
Beste uitslagKampioen (in 1992)
Kampioenetrofee-verskynings8/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagKampioen (in 2017)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Engeland Engeland op Bristol-krieketveld, Bristol; 28 Augustus 2006
Laaste T20It Vlag van Ierland Ierland op Sentrale Browardpark, Fort Lauderdale; 16 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[11]245142/92 (59,73%)
(4 gelykop, 7 onbeslis)
Vanjaar[12]197/10
(1 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings9/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagKampioen (in 2009)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Pakistanse nasionale krieketspan (Engels: Pakistan national cricket team; Oerdoe: پاکستان قومی کرکٹ ٹیم, Pākistān qaumī kirkeṭ ṭīm), met die byname Shaheens (شاہین; letterlik: “valke”),[13][14] Green Shirts,[15] Men in Green,[16][17][18] is die nasionale krieketspan wat Pakistan in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Pakistanse Krieketraad (PCB) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Pakistan is tans (Junie 2024) sesde op die IKR-toetsranglys, vierde op die eendagranglys en sewende op die Twintig20-wêreldranglys.[19][20][21]

Pakistan het 456 toetswedstryde gespeel, 148 gewen, 142 verloor, in nul gelykop en in 166 onbeslis gespeel.[22] Pakistan het, as die tweede land in Asië, op 28 Julie 1952 toetsstatus verkry – op aanbeveling van Indië – en Pakistan het sy toetsdebuut teen Indië op Feroz Shah Kotla Ground, Delhi, in Oktober 1952 gemaak, wat Indië met ’n beurt en 70 lopies gewen het.[23] In die 1930’s en 1940’s, voor die Verdeling van Indië in 1947, het verskeie Pakistanse krieketspelers vir die Indiese krieketspan in toetswedstryde verskyn.

Pakistan het 970 EDIs gespeel, 512 gewen, 428 verloor, in nege gelykop en in 21 onbeslis gespeel.[24] Pakistan het die Krieketwêreldbeker in 1992 gewen en die Krieketwêreldbeker in 1999 as naaswenner afgesluit. Pakistan het, saam met ander lande van Suid-Asië, die krieketwêreldbekertoernooie in 1987 en 1996 aangebied, en die 1996-eindstryd is op Gaddafistadion in Lahore beslis.

Pakistan het 245 Twintig20 gespeel, meer as enige ander span, 142 gewen, 92 verloor, in vier gelykop en in sewe onbeslis gespeel.[25] Pakistan het die eerste T20I-wêreldbeker 2007 as naaswenner afgesluit en die T20I-wêreldbeker 2009 gewen, later het hulle ook die T20I-wêreldbeker 2022 as naaswenner afgesluit.

Pakistan het ook die Kampioenetrofee 2017 vir die eerste keer gewen, nadat hulle Indië verslaan het. Pakistan het sodoende die eerste span geword wat al die vername internasionale kriekettoernooie gewen het: Krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker, Kampioenetrofee en die Toetskampioenskap.[26][27] Sewe voormalige Pakistanse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Terrorisme in Pakistan het daartoe gelei dat verskeie nasionale spanne nie na dié land getoer het nie, en ná die 2009-aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan nie meer internasionale krieketwedstryde in Pakistan gespeel is nie.[28] Eweneens is Pakistan van sy rol as medegasheer vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem.[29][30] Vanaf 2009 het Pakistan sy tuiswedstryde veral in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel.[31] Maar ná die afname van terreuraanvalle in Pakistan gedurende die onlangse jare, en die verbetering van veiligheid in dié land, het verskeie spanne sedert 2015 weer na Pakistan begin toer.[32] Van die spanne sluit in Zimbabwe, Sri Lanka, Wes-Indië, Bangladesj, Suid-Afrika, Australië, Engeland, Nieu-Seeland en ’n IKR Wêreld XI. Daarbenewens is wedstryde van die Pakistan Superliga in Pakistan aangebied.[33][34][35][36][37]

  1. (en) "Pakistan make history by becoming No. 1 Test team in the world". Dawn. 22 Augustus 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2018. Besoek op 23 Februarie 2018.
  2. (en) "1990 ODI RANKINGS". Internasionale Krieketraad. 11 November 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2013. Besoek op 23 Februarie 2018.
  3. (en) "1991 ODI RANKINGS". Internasionale Krieketraad. 11 November 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2013. Besoek op 23 Februarie 2018.
  4. (en) "Pakistan crush New Zealand by 102 runs to become No. 1 ODI team". ESPNcricinfo. 5 Mei 2023. Besoek op 17 Junie 2024.
  5. (en) "Pakistan climb to top spot in ICC T20 rankings". Dawn. 1 November 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2018. Besoek op 23 Februarie 2018.
  6. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  7. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  11. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  12. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  13. (en) Roha Nadeem (29 Junie 2017). "Mohammad Amir: Pakistan's raging phoenix". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 8 September 2018.
  14. (en) A. Rashid Shaikh (2000). The Story of the Pakistan Air Force, 1988–1998: A Battle Against Odds. Shaheen Foundation. ISBN 978-969-8553-00-5.
  15. (en) "Green shirts reach home, Afridi to stay behind in Dubai". Pakistan Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 8 September 2018.
  16. (en) "Cricket Players Nick Names". crickitter.blogspot.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 8 September 2018.
  17. (en) "When Pakistan's 'Cornered Tigers' Ruled the World". BBC. 25 Maart 2017. Besoek op 17 Junie 2024.
  18. (en) Andrew Miller (21 Junie 2009). "Cornered tigers roar once again". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2024.
  19. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 17 Junie 2024.
  20. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 17 Junie 2024.
  21. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 17 Junie 2024.
  22. (en) "Records / Test Matches / Team Records / Results Summary". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2024.
  23. (en) "Pakistan in India 1952–53 (1st Test)". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2019. Besoek op 20 Mei 2011.
  24. (en) "Records / One-Day Internationals / Team Records / Results Summary". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2024.
  25. (en) "Records / Twenty20 Internationals / Team Records / Results Summary". ESPNcricinfo. Besoek op 17 Junie 2024.
  26. (en) "David Richardson presents ICC Test Championship mace to Misbah-ul-Haq". Internasionale Krieketraad. 21 September 2016. Besoek op 17 Junie 2024.
  27. (en) Deepu Narayanan (19 Junie 2017). "CT17 final stats: Pakistan become fourth team to win all three ICC crowns". Cricbuzz. Besoek op 17 Junie 2024.
  28. (en) Hufsa Chaudhry (3 Maart 2017). "8 years ago today: Attack on the Sri Lankan cricket team". Dawn. Besoek op 17 Junie 2024.
  29. (en) "Pakistan counts cost of Cup shift". BBC. 18 April 2009. Besoek op 17 Junie 2024.
  30. (en) "World Cup matches moved out of Pakistan". ESPNcricinfo. 17 April 2009. Besoek op 17 Junie 2024.
  31. (en) Mike Selvey (11 Januarie 2012). "Pakistan cricket can never have home advantage in soulless Emirates – Mike Selvey". The Guardian. Besoek op 17 Junie 2024.
  32. (en) "Global index shows terrorism on decline in Pakistan". 15 November 2017. Besoek op 17 Junie 2024.
  33. (en) Mazher Arshad (15 Maart 2019). "Pakistan Super League: PSL reopening a cricket-crazy country to the world". BBC. Besoek op 17 Junie 2024.
  34. (en) Jon Boone (19 Mei 2015). "Pakistan welcomes Zimbabwean cricketers amid tight security". The Guardian. Besoek op 17 Junie 2024.
  35. (en) "West Indies tour of Pakistan schedule announced". 5 Maart 2018. Besoek op 17 Junie 2024.
  36. (en) Sohail Imran (16 September 2017). "World XI depart for home after historic Pakistan tour". Geo News. Besoek op 17 Junie 2024.
  37. (en) "England set to tour Pakistan in 2021". Internasionale Krieketraad. 18 November 2020. Besoek op 17 Junie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne